top of page
Huidige Projekte

Ons loods tans 'n projek waar ons streef om lede in nood by te staan deur papegaai-kospakkies te versamel wat ons dan aan mense in nood skenk. Die projek werk soos volg; Lede wat dit kan doen, koop 'n ekstra pakkie kos (pellets) wanneer hulle kos vir hul eie papegaai koop en kontak ons dan met hul besonderhede. Ons sal die produkte  by u afhaal en aflewer as u anoniem wil bly en u laat weet na wie u donasie gegaan het as u wil weet.

Skenkings Of Donasies

Ons het beslis die hulp van die publiek nodig om ons te help deur waar moontlik aan ons geldelike donasies of voedsel en benodigdhede te skenk wat hulle kan. U kan ons kontak deur middel van epos, WhatsApp of ons direk skakel indien u kan help of meer besonderhede verlang. Elke klein bietjie help en word dadelik gebruik om die lewens van papegaaie in nood te verbeter en n verskil te maak waar dit nodig is. 

Im%2520on%2520T_V!_edited_edited.png
Facebook-Groep

Papegaai Familie is ook op Facebook waar ons n privaat groep asook Blad tot stand het. Ons privaat groep is slegs vir lede wat vra om aan te sluit en dan deur ons Admin goed gekeur word. Ons Blad asook hierdie Webtuiste is oop vir die publiek en u is meer as welkom om hier asook op ons Blad vir ons boodskappe te laat indien u enige hulp nodig het of net met ons in verbinding wil tree. Almal is baie welkom om by ons privaat groep aan te sluit.
 

Graad%20papegaai_edited.png
bottom of page