top of page

Wie Is Papegaai Familie

Papegaai Familie is gestig om 'n platform te skep waar die gemeenskap saam kan kom gesels en leer. Die missie van die groep is om 'n ondersteuningsnetwerk te skep vir ons lede om mekaar te kom help waar nodig. Papegaai Familie word deur niemand gefinansier nie, maar van tyd tot tyd sal ons klein projekte aanpak om fondse vir die papegaaie in nood te genereer. Dit is so belangrik dat almal wat weet en sien wat ons doen, hierdie projekte ondersteun om die las net 'n bietjie te verlig. Baie mense moet deesdae om verskillende redes van hul geliefde geveerde kinders afskeid neem weens verskeie redes en omstandighede. U is welkom om ons enige tyd dag of nag te kontak en persoonlik met ons daaroor te praat en ons sal probeer hulp verleen om waar moontlik. Dit is nie altyd nodig om van u geliefde papegaai ontslae te raak net omdat u nie tans na hom of haar kan omsien nie, ons sal probeer help en altyd eers kyk of ons nie eerder ondersteuning kan bied sodat julle nie van mekaar hoef te skei nie.

Ons koop of verkoop onder geen omstandighede papegaaie nie. As ons kan help en weet van 'n goeie huis waar u papegaai die nodige liefde en aandag sal kry wat hy / sy verdien, sal ons beslis die nodige reelings begin vir u. Ons het ook fasiliteite op 'n kleinhoewe in Benoni, Gauteng, waar ons papegaaie wat rehabilitasie benodig, tydelik kan inneem en huisves waar daar 24 uur per dag na hulle omgesien sal word, voordat ons 'n geskikte huis vind en uitplaas. Persone wat belangstel in aanneming kan ons enige tyd kontak en ons aannemings aansoekvorm invul. As u enige donasie aan ons organisasie wil maak of net wil hoor waar ons hulp nodig het, kan u ons met liefde kontak en ons sal u adviseer oor waar ons tans hulp benodig en hoe u kan help.

Die Hart Van Ons Organisasie
Chantelle Labuschagne.jpg
Chantelle Labuschagne

Stigter van Papegaai Familie
Ek het 3 van my eie "fids" (geveerde kinders) waarvan 2 aangeneem is. As stigter van hierdie groep is ek verantwoordelik vir die papegaaie in nood se welstand en om altyd hul beste belang eerste te stel en te doen wat nodig is om te help waar nodig is. 

Marelize Burger

Admin en mede-stigter van Papegaai Familie
Ek is van Pretoria, Gauteng en het 4 van my eie 'fids' waarvan 3 aangeneem is. Ek help om ons Facebook-groep en -blad te bestuur en is geniet dit baie om te help met advies en leiding waar ek kan. 

Marelize Burger.jpg
bottom of page